Koop met selfvertroue
Kies kleure en klere wat by jou gelaatstrekke pas, wat vleiend is en waarvan jy nog oor 5 jaar sal hou.
Welkom by Kleurekas
'n Tuiste vir Suid-Afrikaanse vroue wat haar beste kleure wil dra en moeiteloos mooi wil voel. Kies jou seisoen, en ons wys vir jou die stukke wat jou pas, almal spesiaal gekies uit winkels wat ons liefhet.
Wonder jy hoekom jy moeg lyk in sekere van jou kleure?
Sit jy meer grimering op omdat jy vaal voel?
Ons doen die kleur-dinkwerk, so alles wat jy sien pas reeds by jou.
Kies jou seisoen uit die 12 seisoene. As jy nie weet nie, kan ons help.
Elke stuk van Suid-Afrika se gunsteling-winkels, gesorteer na die skakerings wat regtig by jou pas.
Ons link na die winkel waar die kledingstuk beskikbaar is. Ons tuiste word ten minste weekliks opgedateer met nuwe kledingstukke.
Kies 'n seisoen om 'n paar voorbeeldstukke te sien. Meld aan om jou volledige katalogus oop te sluit.
As jy al ooit onseker was oor watter klere en kleure om te koop, is jy op die regte plek.
Kies kleure en klere wat by jou gelaatstrekke pas, wat vleiend is en waarvan jy nog oor 5 jaar sal hou.
Geen meer stukke wat jy in die winkel liefgehad het, maar by die huis nooit dra nie omdat hulle net nie reg voel nie.
Elke aankoop bou doelgerig op jou palet. Jou kas word 'n belegging, nie 'n lukrake koop-oefening nie.
Ek het Kleurekas uitgekyk en dis SO oorspronklik en so jolly oulik. Jou klerekas in jou kleure, dis net fantasties. Dis 'n lekker one-stop shop, veral as jy weet wat jou kleurseisoen is: jy kan elimineer en weet jy gaan net na een plek toe om jou kleure te vind en te koop.
Ek wil net vir jou sê, KK is amazing! Ek kan nie ophou kyk nie… dis net so cool om local designers te ontdek, klere te sien wat jy nie in winkels kry nie, brands waarvan jy nie eers altyd weet nie. En ek kom agter dit oefen my oog: omdat ek weet alles wat KK vir my uitspoeg is in my kleurpalet, leer ek om te sien watter items vir my werk. Dis baie cool!
Dis SOOOOOOOOOOOOO cool!!!!!!! Dis PRESIES wat ek nodig het! Want ek haat dit om in winkels rond te hang, en dis 'n mission om die regte kleure te vind tussen al die duisende opsies op sites.
Jou klerekas, in jou kleure.
Twaalf palette, gegroepeer volgens die seisoene: Lente, Somer, Herfs en Winter. Jou kleurseisoen kan later met admin-goedkeuring verander word.
'n Paar eenvoudige beginsels om die meeste uit jou kleurseisoen te kry en daarvolgens ons platform te gebruik om aankope te doen:
'n Oorsig van jou stukke in Kleurekas: per seisoen, per kategorie, en wat lede die meeste klik.
Hier is alles wat ek tot dusver vir jou gekies het. Kies jou seisoen hierbo en jy sal slegs items sien wat by jou kleurseisoen pas.
0stukke vandag gewys · klik 'n stuk om dit by die winkel te koop
Niks pas by hierdie keuses nie. Probeer 'n ander kombinasie, of maak die filters skoon.
Jy het nog geen gunstelinge nie. Tik die hartjie op enige stuk om dit hier te stoor, dit bly hier selfs al raak dit later uitverkoop.
'n Oorsig van jou grimering in Kleurekas: per seisoen en per kategorie.
Catrice en Essence grimering wat by jou kleurseisoen pas.
Nog geen grimering vir hierdie seisoen nie.